Ek kon nog nooit verstaan waarom mense so aangaan oor sushi nie. Ek meen, dis rou vis en seegras en goed! Ek het dit twee keer probeer en my elke keer doodgegril as die homp rou vis so in my keel gaan sit en ek nie die ryskorreltjies afgesluk kan kry nie.
Ek en manlief het Sondag by Ocean Basket in Blouberg 'n draai gemaak. Ocean Basket is en bly maar net een van my gunsteling-eetplekke. Ek vrek mos oor seekos.
Ou Skapie stel toe voor dat ons 'n bietjie sushi probeer as voorgereg. En ek besluit toe om dit nog een keer, een heel laaste aaklige keer, te probeer. Mense, ek is mal daaroor! Ek weet nie wat skielik verander het nie, maar ek hou nou daarvan. En ek lus nog!
Daarna het ek die wonderlikste seekos-platter gehad. Ek weet die meeste mense voel 'n groot stuk steak is 'n lekker bederf, maar gee maar enige dag vir my 'n bord seekos!
So wat ek eintlik probeer sê is ek hou nou van sushi en ek is mal oor Ocean Basket! (Ek dink eintlik Ocean Basket behoort my te betaal vir hierdie stukkie lofprysing ...)
Hierdie is nie jou gewone kos-blog nie. Ek is nie 'n kok of 'n fynproewer nie. Ek hou net van kook en van lekker eet. Ek hou van nuwe resepte en nuwe eetplekke probeer. Ek hou ook daarvan om sommer iets uit my kop te maak, sonder 'n resep (gewoonlik as ons mense kry vir ete!). Hierdie is dus my bak-en-brou-dagboek. Ja, ek gaan ook van die floppe vertel!
Thursday, September 8, 2011
Tuesday, September 6, 2011
Spyskaart (5 September tot 9 September 2011)
Maandag: Heel oondgeroosterde hoender met groente en skorsies
Dinsdag: Macaroni-en-kaas
Woensdag: Bief-en-botterboonkerrie en rys
Donderdag: Soetsuurhoender met noedels
Vrydag: Vis en chips

Monday, August 15, 2011
Spyskaart (15 Augustus tot 19 Augustus 2011)
Maandag: Spaghetti bolognaise
Dinsdag: Tunslaai
Woensdag: Oondhoender met rys en geroosterde groente
Donderdag: Pitabrood met oorskiethoender en slaai
Vrydag: Gevulde butternut

Tuesday, August 9, 2011
Spyskaart (8 Augustus tot 12 Augustus 2011)
Maandag: Waterblommetjiebredie en rys
Dinsdag: Roti en beesvleiskerrie
Woensdag: Hoender a la King en rys
Donderdag: Pasta met maalvleis, murgpampoentjie en mushroom
Vrydag: Vis en gegeurde rys

Monday, August 1, 2011
Thai-groenkerrie
Ek het dit een keer vantevore gemaak, maar dit was uit 'n Knorr-pakkie en was nie regtig iets om oor (huis toe) te skryf nie. Maar toe kry ek dié resep by 'n kollega. Ek het nooit besef dat volksvreemde kos so lekker kan wees nie. Dié gereg gaan beslis gereeld in ons huis gemaak word!
ROCHELLE SE THAI-GROENKERRIE
Bestanddele
Ui
Knoffel
4 hoenderborsies, onvel en ontbeen, in blokkies gesny
'n Houer baba-mielies, in stukke gesny
'n Houer murgpampoentjies, in wiele gesny
4 aartappels, in blokkies gesny
4 wortels, in wiele gesny
'n Pak Taste of India Thai Green Curry-pasta
2 blikke coconut milk (gebruik twee, anders gaan jou mond brand!)
Metode
Braai die ui en knoffel in 'n groot pot of wok tot dit deurskynend is. Voeg die hoender by en braai 'n bietjie. Voeg die pasta, coconut milk en groente by. Laat dit kook tot die groente gaar is. Bedien met Basmati-rys en garneer met vars koljander.

Spyskaart (1 Augustus tot 5 Augustus 2011)
Ek kan nie glo dit is al Augustus nie. Ek wil darem nog vir oulaas lekker warm kosse eet in hierdie laaste stukkie wat nog oor is van die winter!
Maandag: Hoenderschnitzel en oondgeroosterde groente
Dinsdag: Macaroni-en-kaas
Woensdag: Bobotie, rys en groente
Donderdag: Hoenderroerbraai met noedels
Vrydag: Tuisgemaakte pizza

Monday, July 25, 2011
Spyskaart (25 Julie 2011 tot 29 Julie 2011)
Maandag: Tamatiebredie en rys
Dinsdag: Geroosterde hoender en slaai
Woensdag: Butternutsop en vars brood
Donderdag: Thai-groenkerrie en rys
Vrydag: Tuisgemaakte vis en chips
Dinsdag: Geroosterde hoender en slaai
Woensdag: Butternutsop en vars brood
Donderdag: Thai-groenkerrie en rys
Vrydag: Tuisgemaakte vis en chips
Monday, July 11, 2011
Spyskaart (11 Julie tot 17 Julie 2011)
Maandag: Pasta met bacon, mushroom en knoffel-witsous
Dinsdag: Beef strips met gegeurde rys en groente
Woensdag: Heel geroosterde roosmarynhoender en slaai
Donderdag: Groentesop
Vrydag: Tuisgemaakte vis en chips
Dinsdag: Beef strips met gegeurde rys en groente
Woensdag: Heel geroosterde roosmarynhoender en slaai
Donderdag: Groentesop
Vrydag: Tuisgemaakte vis en chips
Monday, July 4, 2011
Spyskaart (4 Julie tot 8 Julie 2011)
Maandag: Tuna-lasagne
Dinsdag: Ertjiesop en vars brood
Woensdag: Maalvleiskerrie en rys
Donderdag: Hoenderschnitzel, mash en slaai
Vrydag: Steakrepies, geroosterde groente en gebakte aartappel

Monday, June 27, 2011
Spyskaart (27 Junie tot 1 Julie 2011)
Maandag: Skaapkerriepot en rys
Dinsdag: Vis, gegeurde rys en geroosterde groente
Woensdag: Butternut-en-spinasie-canneloni
Donderdag: Wors, mash en tamatiesmoor
Vrydag: Hoenderlewertjies op vars rolletjies

Thursday, June 23, 2011
Hoenderpastei
Hoenderpastei bly nou maar vir jou 'n wenner. Ek ken niemand wat dit nie eet nie. Ek is selfs bereid om te vergeet van die dieet en saam te eet!
Die hoenderpastei wat ek gewoonlik maak is baie moeite, maar ongelooflik lekker. Hierdie keer ek egter besluit om 'n bietjie minder moeite te doen en iets anders te probeer. En dit het gewerk!
Onthou, hierdie resep is vir minstens 4 tot 6 mense – dit was genoeg vir my hele gesin!
HOENDERPASTEI
BESTANDDELE
'n Lekker homp botter
2 groot uie, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 houer sampioene, in skywe gesny
2 pakke hoenderborsfilette (m.a.w. 8 filette sonder vel en been), in repies of blokkies gesny
Sout en peper
1 teelepel hoenderspesery
½ teelepel tiemie
½ teelepel droë pietersielie
½ teelepel mosterdpoeier
200 g ham of bacon, in stukkies gesny
8 gekookte eiers, afgedop en in skywe gesny (opsioneel en baie ryk!)
1 pakkie Cream of Chicken-sop
½ pakkie Cream of Mushroom-sop
± 350 ml warm melk
1 rol klaargemaakte deeg
1 eier, geklits, om op die deeg te smeer
METODE
Smelt die homp botter in 'n kastrol. Gooi die ui, knoffel en sampioene in en braai tot gaar. Voeg die hoender by. Gooi al die speserye by en roer goed deur. Sit die kastrol se deksel op en kook tot die hoender gaar is. Voeg nou die ham of bacon by en roer lekker deur. Maak intussen die melk sommer in 'n maatbeker in die mikrogolf warm. Voeg die soppoeier by en roer tot opgelos. Voeg nou die mengsel bietjie vir bietjie by die hoender tot dit 'n lekker dik sous vorm. Dit moenie te loperig wees nie, so moenie alles op een slag ingooi nie. Laat daar liewer sous oorbly as dit lekker dik is. As die sous te dik is, kan jy net ekstra melk bygooi. Gooi die mengsel in 'n gesmeerde oondbak. Pak nou die eiers bo-op indien jy dit gebruik. Rol die deeg uit en sit dit bo-op die pastei. Sny dit netjies en maak sommer patroontjies op die pastei met die res. Steek gaatjies in die deeg met 'n skerp mes en smeer die geklitste eier bo-oor sodat die deeg lekker bruin kan bak. Bak so 30 minute tot die deeg mooi uitgepof en goud is.
Wenk: Laat daar 'n lekker stuk deeg oor die rand van die bak steek, dan rol jy dit terug op die pastei om 'n mooi randjie te vorm. As jy dit te naby aan die bak afsny, gaan die deeg terugtrek en gaan 'n stuk van jou pastei se vulsel uitsteek.

Tuesday, June 21, 2011
Groentesop
Wanneer ek griep het, is hierdie sop 'n wenner. Dit is sag op die seer keel en propvol groente en vitamiene. Daarby is dit ook lekker vinnig om te maak. Die beste is natuurlik dat dit glad nie vet maak nie!
GROENTESOP
BESTANDDELE
2 groot uie, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
2 blikke fyngekapte tamatie (chopped and peeled)
½ rooi soetrissie, fyngekap
5 murgpampoentjies, gerasper
4 groot wortels, gerasper
¼ kool, fyngekap
1 koppie gekerfde groenboontjies
2 blokkies biefaftreksel
500 ml kookwater
Sout
Swartpeper
Origanum
Tiemie
METODE
Gooi al die groente in die pot. Los die biefblokkies in die kookwater op en gooi by. Geur met sout, peper, origanum en tiemie. Ek kook dit dan vir so 1½ uur in my drukpot en maak dit dan fyn met die stick blender. As jy 'n gewone kastrol gebruik, kan jy dit effens langer laat kook.
Wenk: Ek skep die sop in porsiegrootte bakkies en vries dit. Dit ontvries goed en dat het jy sommer vinnig kos wanneer jy nie lekker voel nie.

Spyskaart (20 Junie tot 24 Junie)
Dis 'n dag laat, maar hopelik help dit nog steeds!
Maandag: Hoenderpastei en geroosterde groente
Dinsdag: Groentesop
Woensdag: Hoenderkerrie
Donderdag: Spaghetti bolognese
Vrydag: Tuisgemaakte pizza met bacon, feta en avokado

Sunday, June 12, 2011
Butternutsop
Butternutsop is seker my heel gunsteling-sop. Die lekkerste butternutsop vir my is wanneer die butternut in die oond gerooster is. En die beste van alles – dit is baie min moeite!
BESTANDDELE
1,5 kg butternut (ek koop sommer gewoonlik die sakkies met die blokkies)
2 groot uie, in dun skywe gesny
2 knoffelhuisies, in dun skywe gesny
Olyfolie
2 blokkies hoenderaftreksel
1 l water (voeg meer water by as jy van 'n dunner sop hou)
Sout en peper
METODE
Spuit 'n oondvaste bak met Spray n Cook. Gooi die butternut, ui en knoffel in die oondbak. Sprinkel olyfolie oor en rooster in die oond tot gaar. Ek rooster dit gewoonlik vir so 'n uur by 220°C. Gooi die gaar butternut in 'n lekker groot kastrol. Los die hoenderaftrekselblokkies in die water op en gooi dit by die sop. Geur met sout en peper en roer lekker deur. Laat vir so 15 minute deurkook. Maak dan die sop fyn met die stick blender.
Bedien dit met 'n titseltjie room (as jy wil) en brood.

Spyskaart (13 tot 17 Junie 2011)
Hier is die spyskaart vir hierdie week. Kom ons hoop dit reën nie Donderdag nie, want 'n mens met darem op 'n vakansiedag braai!
Maandag: Biefroerbraai met noedels
Dinsdag: Hoender á la King met rys
Woensdag: Pasta met butternut, spinasie en feta
Donderdag: Braaivleis! Steak met sampioensous, oondchippies en slaai
Vrydag: Kerriefrikkadelle, kapokaartappels en geroosterde groente

Monday, June 6, 2011
Spyskaart (6 Junie tot 10 Junie 2011)
Maandag: Pasta met 'n mince-sous
Dinsdag: Hoender-en-broccoli-roerbraai met bruinrys
Woensdag: Vis met gegeurde rys
Donderdag: Butternutsop en vars brood
Vrydag: Tuisgemaakte hoenderburgers

Wednesday, June 1, 2011
Baie vinnige lasagne
Die heel lekkerste lasagne is wanneer jy self jou tamatiesous maak en dit vir ure lekker stadig staan en prut. Of as jy klein tamaties in die oond rooster en dan die sous daarvan maak.
Maar soms as ek halfsewe eers by die huis kom, is ek beslis nie lus vir ure staan en sous maak nie. Maar ek is wel baie lus vir lasagne. Dan maak ek sommer hierdie vinnige kroek-weergawe!

1 eetlepel olyfolie
1 groot ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
1 groot pak mince (± 500 g)
Sout
Peper
Paprika
Koljander (coriander)
Worcestershire-sous
1 pakkie tamatiepasta
1 pakkie bolognaise-sous (Royco, die oranje een, wat jy met kookwater aanmaak)
’n Groot homp botter
½ koppie koekmeel
½ teelepel kerriepoeier
2 koppies melk (maak effens warm)
2 koppies melk (maak effens warm)
Lasagne-velle
Baie cheddarkaas
METODE
1. Soteer ui en knoffel tot deurskynend, maar nie bruin nie.
2. Sit mince by en brown. Geur met sout, peper, paprika, koljander en Worcestershire-sous.
3. Meng die tamatiepasta deur en maak die bolognaise-sous met 1 koppie kookwater aan. Meng dit ook deur. Laat baie stadig prut sodat dit kan dik word.
4. Maak intussen die witsous. Smelt die botter in ’n mikrogolfbak en meng die meel, sout, kerriepoeier en melk deur. (Ek klits die spul sommer met die whisk). Maak die melk eers effens warm, anders gaan dit klonte maak.
5. Spuit ’n oondvaste bak met Spray ‘n Cook. Pak dan van die lasagnevelle onderin. Maak seker dit gaan nie oormekaar nie.
6. Skep dan ’n laag mince (die helfte van die mince) in. Dan weer ’n laag lasagnevelle. Dan witsous en kaas. Weer lasagnevelle. Dan die res van die mince, weer lasagnevelle en dan die res van die witsous en die kaas.
7. Bak tot dit die kaas behoorlik gesmelt is.
Monday, May 30, 2011
Spyskaart (30 Mei tot 3 Junie 2011)
Sjoe, ek was stil die afgelope ruk. Ek het skaars grond gevat tussen die kantoor en die huis, maar nou is ek vir 'n slag terug.
Die koue het die Kaap omtrent in sy greep, so hierdie week is dit beslis tyd vir warm trooskos. Ek glo mos dat 'n warm maag altyd goeie beskerming teen die koue bied.
Hier is die spyskaart vir hierdie week:
Maandag: Skaapvleiskerrie en rys
Dinsdag: Spaghetti bolognese
Woensdag: Boontjiesop
Donderdag: Hoenderroerbraai
Vrydag: Vis, gegeurde rys en soetmielies

Wednesday, May 18, 2011
Super-vinnige skons
Dié wonderlike resep het ek by my vriendin van Namibië gekry. Sy is 'n uitstekende gasvrou en glo nie aan winkelgoed vir gaste voorsit nie. Die oggend wat ons gery het (en net 40 minute vir ontbyt gehad het), het sy blitsig hierdie skons gebak en voorgesit. Dit vat minder as 'n halfuur van niks tot skons.
Dit is nie die stewige skons wat ons gewoonlik by koffiewinkels kry nie, maar 'n lekker ligte skon. Geen uitrol of uitdruk nie, jy gooi die beslag sommer in 'n gesmeerde muffinpan.
BESTANDDELE
2 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
¼ koppie kookolie
1 eier, geklits
1½ koppie melk en water, gemeng (ek gebruik 1 koppie melk en ½ koppie water)
METODE
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Gooi die kookolie, eier en melk-en-watermengsel by. Roer tot daar geen klonte is nie en gooi in die gesmeerde muffinpan. Bak vir 15 tot 20 minute teen 180°C. Laat effens in pan afkoel voor jy dit uithaal en bedien.
Jammer, daar is geen foto's nie - ons het dit omtrent dadelik opgeëet!

Tuesday, May 17, 2011
Ongelooflike kerriehoenderpot!
Byna almal wat my ken weet dat ek versot is op potjiekos. Ek het juis al baie gewonder wat ek sal antwoord as iemand my vra wat my gunsteling-kos is. Ek vermoed dit sal waarskynlik potjiekos wees.
Gewoonlik maak ons 'n lekker vleispot, maar Sondag het ek en my man besluit om 'n slag iets anders te probeer. Ons het toe 'n lekker geurige hoenderkerriepot gemaak. En ek moet sê, my man is 'n doring as dit by 'n pot kom!
Ek glo 'n mens kan byna enigiets in jou pot gooi, maar ek weet daar is mense vir wie 'n pot byna heilig is. Maar ek skryf maar neer wat in ons pot was, net sodat jy 'n idee kan kry wat min of meer daar moet wees. Dié pot is genoeg vir minstens vier mense en jy kan dit sommer op die stoof ook maak. Dit gaan net nie dan die lekker rooksmaak hê nie.
BESTANDDELE
2 eetlepels olyfolie
2 groot uie, fyngekap
3 knoffelhuisies, in dun skywe gesny
12 hoenderstukke (borsies, vlerkies, dytjies, boudjies), skoongemaak
3 teelepels hoenderspesery
Sout en peper
1 teelepel tiemie
1 teelepel koljander
500 ml (2 blokkies) hoenderaftreksel
8 medium aartappels, geskil en in blokke gesny
1 teelepel komyn
1 teelepel borrie
2 teelepels matige kerrie
1 teelepel warm kerrie
½ teelepel rooipeper
2 eetlepels bruinsuiker
¼ koppie asyn
1 blik gekapte tamatie
½ koppie appelkooskonfyt
METODE
Braai die ui en knoffel in die olyfolie tot sag, maar nie bruin nie. Gooi die hoenderstukke by. Meng die hoenderspesery, sout, peper, tiemie en koljander (verkieslik vooraf) en geur die hoender daarmee. Brown die hoender lekker en voeg dan die hoenderaftreksel en aartappels by. Laat lekker deurkook. Meng die komyn, borrie, kerrie, rooipeper en suiker met die asyn tot 'n pasta. Voeg dit by die pot en kook deur. Voeg dan die tamatie by. Wanneer die pot amper klaar is (ons kook hom tot die hoender lekker fyn van die bene afval), kan jy die appelkooskonfyt byvoeg. Kook dit weer lekker deur en bedien met rys.

Monday, May 16, 2011
Spyskaart (16 Mei tot 20 Mei 2011)
Ek het hierdie naweek al die winter se koue aan my lyf gevoel, so hierdie week eet ons lekker warm kos!
Maandag: Kerriehoenderpot
Dinsdag: Tunapasta met sampioen en murgpampoen
Woensdag: Dik groentesop en rolletjies
Donderdag: Hoenderschnitzel, gegeurde rys en gebakte patat
Vrydag: Steak en chips

Tuesday, May 10, 2011
Pampoenkoekies
Baie mense dink pampoenkoekies is vreeslik baie moeite. Maar dit is regtig nie. Dit gaan sommer lekker gou en wanneer jy eers jou vierde een eet, besef jy dat dit meer as die moeite werd is om dit te bak.
Soos ek al genoem het, gebruik ek nie juis resepte nie. So hierdie is maar 'n moerby-besigheid. Maar hier is min of meer hoe ek dit doen.
BESTANDDELE
± 1 kg pampoen, in blokkies gesny (ek is lui en koop sommer die pakke)
1 koppie bruismeel
¾ koppie suiker
3 eiers
1 eetlepel olyfolie
'n Bietjie sout
Kaneelsuiker
METODE
Kook die pampoen tot sag, gooi die water af en laat dit afkoel. Maak dit fyn met die masher of sommer met 'n vurk. Gooi die meel, suiker, eiers, sout en olyfolie by en roer goed. As die beslag te slap is, kan jy nog meel bygooi. Dit moenie so slap soos pannekoekdeeg wees nie. Verhit 'n kleefwerende pan oor redelike hoë hitte en spuit dit goed met Spray n Cook. Skep dan hopies die deeg met 'n groterige lepel in die pan. Ek gebruik sommer 'n opskeplepel. Ek gooi net drie koekies se deeg op 'n slag in die pan, anders is daar nie genoeg plek om dit om te draai nie. Wag tot die koekie se onderkant lekker gestol het en dit borreltjies begin maak op die bokant. Draai dit dan om en wag tot die koekie deurgaar is voor jy dit uit die pan haal. Sit dit in 'n bak en gooi kaneelsuiker oor. Spuit tussen elke baksel die pan Spray n Cook. Bak tot al die deeg op is en geniet!

Monday, May 9, 2011
Spyskaart (9 Mei tot 13 Mei 2011)
Maandag: Hoender a la King
Dinsdag: Boontjiesop
Woensdag: Herderspastei
Donderdag: Alfredo-pasta
Vrydag: Viskoekies en slaai
Dinsdag: Boontjiesop
Woensdag: Herderspastei
Donderdag: Alfredo-pasta
Vrydag: Viskoekies en slaai
Wednesday, May 4, 2011
Rooi Thai-hoenderkerrie
Al kerrie wat ek gewoonlik maak, is die effens soeter Kaaps-Maleise kerrie. Maar ek het nou besluit om 'n bietjie te eksperimenteer met ander soorte kerrie.
En ek moet nou sommer van die begin af bieg dat hierdie uit en uit 'n eksperiment was. Gelukkig het dit goed uitgekom!
Ek het so twee weke terug met een van ons sjefvriende gesels en hy het toe so oor 'n glas wyn beduie hoe ek dit moet maak. En ek het toe!
BESTANDDELE
1 eetlepel olyfolie
1 groot ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 teelepels rooi Thai-kerriepasta
2 teelepels sojasous
1 teelepel bruinsuiker
1 blik coconut milk (ek koop die lite, want coconut milk bevat baie vet)
1 rooi soetrissie, in dun repies gesny
± 5 murgpampoentjies, in dun wieletjies gesny
4 hoenderborsfilette, in blokkies gesny
Sout en peper
'n Knippie cayenne-peper
2 eetlepels Maizena (met 'n bietjie water gemeng tot 'n pasta)
'n Handvol koljanderblare (coriander), grofgekap
METODE
Verhit die olie oor medium hitte in 'n wok. Voeg dan die ui by en braai tot sag. Voeg dan die knoffel en die kerriepasta by en roer goed deur. Voeg dan die sojasous, bruinsuiker en coconut milk by en roer lekker. Bring tot kookpunt en voeg die soertissie en murgpampoentjie by. Draai die hitte effens af, sit 'n deksel op en laat kook vir so 10 minute. Voeg die hoender, sout, peper en caynenne-peper by en laat kook vir so 15 minute tot die hoender deurgaar is. Verdik met die Maizena en voeg koljanderblare by (jy kan dit uitlos as jy nie van die smaak hou nie). Bedien met jasmynrys.
WAARSKUWING: As jy allergies is vir shrimp, moet jy liefs nie die rooi Thai-kerriepasta gebruik nie, dit bevat "shrimp paste".

Tuesday, May 3, 2011
Romerige macaroni-en-kaas
Macaroni-en-kaas was nog nooit een van my gunstelinge nie. Dit proe net vir my heeltemal te vaal. Ek maak dit egter gereeld, want dit is een van my man se gunstelinge. Gisteraand het ek besluit om die resep 'n bietjie aan te pas en iets heel anders, maar darem nie te volksvreemd nie, te probeer.
Ek het geroomde maaskaas, bacon en songedroogde tamatie bygevoeg. Ek glo darem dit was 'n sukses, want my man het selfs 'n derde keer gaan skep en selfs die laaste stukkie kaas uit die bak gelek!
BESTANDDELE
500 g macaroni, volgens aanwysings op pak gekook
200 - 250 g maer bacon, gesnipper
± 10 songedroogde tamatiestukke, in klein stukkies gesny
1 houer (250 g) geroomde maaskaas (creamed cottage cheese)
Knippie Paprika
Varsgemaalde swartpeper
1 koppie cheddarkaas, gerasper
METODE
Sit die macaroni aan die kook en begin dan met die bacon. Teen die tyd wat jy die bacon gesnipper het en liggies in 'n pan tot gaar gebraai het, die tamaties in stukkies gesny het en die kaas gerasper het, behoort die macaroni gaar te wees. Dreineer die pasta en meng dan die bacon, tamatiestukkies, maaskaas, paprika en swartpeper deur. Jy kan ekstra sout byvoeg as jy wil, maar dis nie regtig nodig nie. Sit die hele spul in 'n gesmeerde, oondvaste bak en strooi die kaas bo-oor. Bak dan vir 20 tot 30 minute in 'n voorverhitte oond van 180°C.

Monday, May 2, 2011
Beste sjokoladekoek ooit!
Soos ek in my vorige post genoem het, het my man verlede naweek verjaar. En natuurlik het ek vir hom 'n behoorlike verjaardagkoek gebak.
Ek het hierdie koek verlede jaar probeer en dit was 'n volslae flop, grotendeels omdat ek te haastig was en room i.p.v. karringmelk in die beslag gegooi het! Maar ek het besluit ek gaan nie opgee nie en ek het dit weer probeer. Die keer was dit 'n groot sukses!
Die resep kom uit Plaaskos deur Arina du Plessis en Landbouweekblad. Ek dink jy gaan ver soek om 'n ryker, dekadenter en lekkerder koek te kry. Dis die ene klam sjokolade.
BESTANDDELE
Koek
100 g donker sjokolade, gebreek
375 ml sterk, warm koffie
750 ml ligbruinsuiker
625 ml koekmeel
375 ml kakao
10 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml sout
3 ekstra-groot eiers
180 ml olie
375 ml karringmelk
10 vanieljegeursel
Versiersel
400 g donker sjokolade
250 ml dik room
60 ml sagte botter
30 ml gouestroop
METODE
Voorverhit die oond tot 150°C en smeer twee koekpanne van 20 cm. Voer elke pan met bakpapier uit en smeer weer. Meng die sjokolade en warm koffie in 'n bak en roer tot die sjokolade gesmelt en die mengsel glad is. Sit die suiker in 'n bak en sif die droë bestanddele bo-oor. Roer deur en hou eenkant. Klits die eiers in 'n ander mengbak tot goed gemeng en liggeel. Voeg die olie, karringmelk, vanielje en sjokolademengsel by die eiers en klits goed. Giet oor die droë bestanddele en meng goed. Verdeel tussen die twee panne en bak vir 1 tot 1¼ uur tot gaar. Laat in die panne afkoel. Keer uit wanneer heeltemal koud en trek die bakpapier af. Maak die versiersel terwyl die koeke afkoel. Smelt die sjokolade en room saam oor lae hitte tot glad. Roer die botter en stroop by en laat afkoel tot dik genoeg om te smeer. Sny elke koeklaag in twee dunner lae (indien verkies) en versier die koek tussen die lae met die versiersel. Stapel die lae opmekaar en versier bo-op met die orige versiersel. Hou in die yskas, maar sit voor teen kamertemperatuur.
Ek wou baie graag die koek met sjokoladekrulle en frambose versier, maar daar was nie tyd nie. Ek was skaars klaar met die versiersel, toe is die mense hier. Ek het toe maar vinnig 'n Flake oorgesprinkel. Een ding is seker – ek sal Arina altyd dankbaar bly vir hierdie heerlike koek!

Die groot stilte en middagkos
Ek weet ek was die laaste week of so baie stil. Tussen die vakansiedae en die griep wat my platgetrek het, het ek maar min by die rekenaar uitgekom. Maar nou is ek weer met mening terug.
My man het verlede naweek verjaar en een van sy geskenke was een van daai gasskottelbraai-gedoentes. Ons het toe vanmiddag besluit om dit 'n bietjie uit te toets. Dit werk sommer baie lekker en die kos is in 'n japtrap gaar!
Ons het eers 'n eier of twee gebak om te sien hoe dit uitkom. Die eier was binne oomblikke gaar en die geel was heerlig sag, maar nie te loperig nie.
Daarna het ons sommer 'n smoor met uie, tamatie, mushrooms en Weense worsies gemaak. Heerlik, maklik en vinnig! Regte vakansiedag-kos.
Ons kan nou nie wag om dit weer te gebruik nie. Volgende keer wil ons vleis en groente rooster. Die skottelgedoente het 'n plat kant (wat ons vandag gebruik het) en ook 'n roosterkant met riffels, wat ons volgende keer wil uittoets.

Spyskaart (2 Mei tot 6 Mei 2011)
Hier is hierdie week se spyskaart. Lekker kook (en eet, natuurlik)!
Vrydag: Boereworsrolletjies
Maandag: Romerige macaroni-en-kaas
Dinsdag: Rooi Thai-hoenderkerrie met rys
Woensdag: Tamatiebredie en pampoen
Donderdag: Masala-visfilette met gebakte patat en ’n groenslaai
Thursday, April 28, 2011
Nachos!
Ek vrek oor nachos en het uiteindelik die moed bymekaargeskraap om dit self te probeer. En dit was heel maklik!
Ek glo 'n mens kan seker enige mieliechips-goed gebruik vir die nachos, maar ek het sommer van daai pakke "Nachos Grande" by die supermark gekoop. Die meeste supermarkte hou dit aan, ek het gaan kyk :-)
Soos met die meeste van my kos, glo ek dat jy maar enigiets kan byvoeg waarvoor jy lus is, byvoorbeeld maalvleis, hoender, fetakaas, bone of heelpitmielies.
NACHOS
(Vir 2 mense)
BESTANDDELE
1 teelepel olyfolie
2 medium uie, fyngekap
4 groot, ryp tamaties, fyngekap
Sout en peper
½ teelepel suiker
1 pak (250 g) Nachos Grande
Paprika
1 koppie geraspersde cheddarkaas
1 houer (250 g) chunky maaskaas (ek gebruik vetvry)
1 avokadopeer, fyngemaak en met sout en peper gegeur
METODE
Verhit die olyfolie in 'n pan. Voeg die ui, tamatie, sout, peper en suiker by en soteer tot gaar, maar nie pap nie. Pak intussen die nachos op twee borde uit. Ek het dit so twee lae diep gepak. Sprinkel dan 'n bietjie paprika oor en dan die tamatiemengsel. Verdeel dan die kaas tussen die twee borde. Probeer om al die nachos te bedek. Bak dan teen 180°C vir so 15 minute, tot die kaas gesmelt is. (Ek sit die borde in my oondpan, dan is dit makliker om dit in en uit die oond te haal.). Verdeel die maaskaas tussen die twee borde en sit dan die avokadomengsel op. Sit die warm borde binne 'n ander bord en geniet!

Monday, April 25, 2011
Spyskaart (25 April tot 29 April 2011)
Hier is hierdie week se spyskaart (vir die wat nie oorskiet-braaivleis en kerrievis gaan eet nie!).
Maandag: Lasagne en slaai
Dinsdag: Hoender a la King en oondgeroosterde groente
Woensdag: Butternutsop en rolletjies
Donderdag: Spaghetti bolognese
Vrydag: Vis, oondchips en slaai
Thursday, April 21, 2011
Pannekoek!
Dit het gister weer lekker gereën in die Kaap. En daar is darem net niks wat jou so troos oor jou nat voete soos pannekoek nie. Ek kon nie wag om my voete af te droog, my slippers aan te trek en die deeg aan te maak nie.
Ek weet die neiging is veerligte pannekoeke wat jy soos op daai advertensie sommer kan omblaas in die pan (sal jy regtig ’n pannekoek met iemand anders se asem op eet?), maar ek verkies behoorlike, stewige pannekoeke. Ek wil ná twee darem voel daar is ’n ou troosie in die maag!
My ma is nie eintlik een vir resepte nie. Sy het vir my geleer om pannekoekdeeg te maak, sommer so uit haar kop uit en vandag maak ek dit nog steeds so.
Trek aan jou slippers en begin sommer dadelik bak!
STEWIGE PANNEKOEKE
(2 mense)
Bestanddele
1 eier
1 koppie melk
1 koppie bruismeel (of 1 koppie koekmeel en 1 teelepel bakpoeier)
’n Knippie sout
1 teelepel olyfolie of kookolie
½ teelepel suurlemoensap
½ teelepel vanilla essence
Metode
Klits die eier en melk saam in ’n mengbak. Gooi die bruismeel en sout by en klits (ek gebruik sommer ’n whisk). Voeg die olie, suurlemoensap en vanilla by en klits weer. Klits deeglik tot daar geen klonte oor is nie. Probeer om die deeg minstens ’n uur te laat staan voor jy die pannekoek begin bak. Maak ’n kleefwerende pan warm en spuit Spray ’n Cook in. Gooi dan ’n lepel deeg (ek gebruik ’n soplepel) in en bak tot dit gaatjies maak en die rande gaar begin lyk. Draai om en bak ’n kort rukkie aan die ander kant. Bedien met kaneelsuiker.
Verdubbel net die resep as jy meer pannekoek wil bak. Ek skat gewoonlik op ’n koppie per twee mense.
Wednesday, April 20, 2011
Tyd-treffer 1
As jy min tyd het en gesonde kos vinnig op die tafel wil kry, is hierdie een perfek vir jou. Natuurlik was dit weer ’n eksperiment, maar dit het goed gewerk! Hilda sal nogal trots wees op my met my soet-suur-sout-kombinasie by die vis!
Die geure werk goed saam en proe lekker vars. Al is dit redelik gesond, is dit steeds vullend. Ek het visfilette in ’n pan gerooster en daarby kersietamaties met balsamiese asyn en fetakaas bedien. En basilpestopasta as bykos.
Jy kan vars brood of rolletjies ook hierby bedien, maar die pasta was genoeg vir ons.
VISFILETTE MET KERSIETAMATIES EN BASILPESTOPASTA
(Genoeg vir 2)
Bestanddele
’n Groot hand kersietamaties (ek het baba- Italiaanse tamaties gebruik)
Olyfolie
2 teelepels bruinsuiker
2 eetlepels balsamiese asyn
1 koppie pasta, volgens instruksies op pak gekook en gedreineer
2 - 4 visfilette (ek het sommer gevriesde filette gebruik)
Sout
Peper
Visspesery (Ek love Ina Paarman s'n!)
2 eetlepels basilpesto
½ wiel fetakaas
Origanum
Metode
- Sit die oond op 220°C op rooster (grill). Was die tamaties af en sit dit in ’n gesmeerde oondvaste bakkie. Sprinkel ’n klein bietjie olyfolie oor en dan die bruinsuiker en balsamiese asyn. Sit dit net so onbedek in die oond. Rooster tot die velletjies lekker kreukel, dit begin oopbars en die suiker en asyn opgelos het.
- Sit die pasta aan die kook.
- Verhit die olyfolie in ’n pan (ek gebruik ’n riffelpan). Maak die visfilette daarin gaar en geur met sout, peper en visspesery.
- Meng die gaar pasta met die basilpesto.
- Haal die tamaties uit die oond en roer dit deur sodat die sousie lekker oor die tamaties is.
- Skep die vis en die pasta in. Sit die tamaties op die vis (maak seker jy gooi van die sousie ook oor) en krummel die fetakaas bo-oor. Sprinkel dan die origanum oor.
Tuesday, April 19, 2011
Quiche met sun-dried tomato, bacon en mushroom
Hierdie is nou 'n regte eksperiment en gelukkig het dit gewerk! Die tamatie en bacon gaan baie goed saam. Ek was behoorlik in die versoeking om fetakaas ook by te sit, maar het maar liewer nie, want die kors kry lekker baie kaas in. En dit was 'n goeie besluit, die feta sou dit te ryk gemaak het.
Die kors is heerlik - dit kom uit die resepteboek La Petite Ferme, wat een van hul sjefs vir ons as trougeskenk gegee het. Hierdie is natuurlik een van die gevalle waar jy Tab saam met jou take-away drink. Die kors is beslis nie gesond nie, maar ek het darem maer bacon sonder enige vet en room met minder vet (fat-reduced) gebruik.
QUICHE MET SUN-DRIED TOMATO EN BACON
(genoeg vir 4 mense)
Bestanddele
Kors
125 g cheddarkaas, fyngerasper
125 g botter of margarien (maar die botter proe soveel lekkerder!)
1 knoffelhuise, fyngemaak
125 g meel (ek gebruik sommer koekmeel)
Sout en peper
Vulsel
1 teelepel olyfolie
2 klein uie, in dun ringe gesny
200 g maer bacon, gesnipper
Sun-dried tomato (soveel soos jy wil hê)
4 medium mushrooms, in skywe gesny
Eiermengsel
250 ml room
125 ml melk
3 medium eiers
Sout en peper
½ t origanum
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
1. Meng die kaas, botter en knoffel. Voeg dan die meel, sout en peper by. Roer alles deurmekaar en druk dit tot in 'n sagte bal met jou hande. Druk dit dan plat in 'n gesmeerde tertbak en laat dit in die yskas rus.
2. Verhit die olyfolie in 'n pan en braai die ui daarin tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die bacon by en roer tot gaar. Laat die bacon in die pan afkoel terwyl jy die eiermengsel aanmaak.
3. Klits die room, melk en eiers saam. Geur met sout en peper.
4. Haal die tertbak met die kors uit die yskas. Versprei die bacon mooi eweredig en pak die sun-dried tomato op. Pak laaste die mushroom op en gooi die eiermengsel bo-oor. Sprinkel dan die origanum oor.
5. Bak vir 30 minute tot die eiermengsel gestol is. Laat effens afkoel voor jy dit bedien.

Monday, April 18, 2011
Spyskaart (18 tot 22 April 2011)
Vir die meeste mense wat ek ken, is aandete 'n nagmerrie. Hulle besluit eers op pad huis toe of in die winkel wat vir aandete is.
Ek is natuurlik glad nie so nie. Ek is hopeloos te nuuskierig en hou daarvan om te weet wat ek wanneer gaan eet. My vriende en familie terg my al vir jare oor die spyskaart wat teen my yskas opgeplak is! Ek hou daarvan om te weet wat ons elke aand gaan eet, want so spaar ek baie geld per maand en die stres is ook baie minder.
So vir die wat wonder wat om elke aand te maak, hier is my spyskaart vir die week:
Maandag: Quiche (sun-dried tomato en bacon) met Griekse slaai
Dinsdag: Visfilette met kersietamaties en basilpesto-pasta
Woensdag: Hoenderkerrie en rys
Donderdag: Romerige pasta met hoenderlewertjies, bacon/ham en mushroom
Vrydag: Dis Goeie Vrydag, so ek beplan 'n eenvoudige ete. Net tuisgebakte brood, kerrievis en 'n lekker groenslaai. Daarby gaan ek broodpoeding maak met paasbolletjies.

Monsterburger!
Saterdagmiddag eet ons gewoonlik waarvoor my man ook al lus het. Ons sorg gewoonlik dat ons genoeg eet, veral as ons die aand iewers gaan braai, want dan kuier die mans so dat jy eers ná tienuur eet!
Hierdie Saterdag was manlief lus vir 'n steakburger. Ek verkies dat ons dit self maak, want dan is dit darem 'n bietjie gesonder. Die steak is ook gesonder as wat 'n mince-patty sou wees.
STEAKBURGER
(vir 2 baie honger mense)
Bestanddele
4 minute steaks
4 hamburger-rolletjies
Blaarslaai
2 eetlepels mayonnaise
1 eetlepel sweet chilli-sous
Paprika
Swartpeper
Sout
Opsioneel: tamatie, kaas, gebakte eier, gebraaide uie, gherkins
Metode
Maak die minute steaks na smaak gaar. Ons maak dit gewoonlik in 'n pan met net 'n klein bietjie sout, peper, Worcestershire-sous en braaispesery. Sny die rolletjies oop en pak blaarslaai onder. Dan sit jy die gaar steakies op. Terwyl jy vir die steakies wag, kan jy solank alles sny en die sous (die mayonnaise, sweet chilli-sous en paprika) meng. Smeer die sous bo-op die steak en geur met sout en peper. Pak dan die tamatie, kaas, eier, ens. op. Basies bou jy vir jou 'n monsterburger met alles waarvoor jy lus is. En moenie bang wees vir eksperimenteer nie. Ek het al alles, van peppers tot mushrooms, op my burger gehad.

Sunday, April 17, 2011
Oats met 'n verskil
My ma was nog al die jare baie ernstig daaroor dat ons moet ontbyt eet. Iets wat ek op skool nooit kon verstaan nie. Vandag besef ek egter die waarde van 'n goeie ontbyt. Ek kan steeds nie eet wanneer ek pas opgestaan het nie (ek meen, wie kan nou halfses in die môre vaste kos inkry?), maar deesdae eet ek so nege-uur se kant by die werk ontbyt.
Terwyl ek nou so van my ma praat – sy het haar allerbes gedoen om oats in my lyf te kry. En ek het dit nog altyd gehaat. Die lymerigheid, die tekstuur en die smaak. Oor een ding was sy beslis reg, en dis dat oats baie gesond is. Dit is hoog in vesel en verlaag die cholesterol (iets waarvan my man baie het!).
So, ek het besluit ons gaan oats eet. Maar nie met melk en suiker nie, want ek gril my dood wanneer die melk die oats tref en dit maak sulke taai, koue klonte in die papbak. Ek het toe maar 'n ander plan gemaak.
Ek het 'n boks van die vinnigkook-soort gekoop en dit werk soos 'n droom. Ek bedien dit met heuning, jogurt en kaneel. Heerlik!
LEKKER OATS
(Vir 2 mense)
Bestanddele
1 koppie vinnigkook-oats
'n Knippie sout
½ koppie kookwater
1 klein houertjie (125 ml) gewone/vanilla vetvry-jogurt
Fyn kaneel
4 eetlepels heuning
Metode
Gooi die koppie oats in 'n mikrogolfbak. Gooi nou die knippie sout oor en dan die kookwater. Roer die spulletjie met 'n lepel en mikrogolf dit vir 2 minute op hoog. Bly staan maar by die mikrogolf, want sodra die oats lyk of dit begin opstyg, moet jy dit roer en dan verder kook. Wanneer die oats gaar is, kan jy dit uithaal en in twee bakkies skep. Skep dan die jogurt oor en sprinkel kaneel oor die jogurt. Gooi dan die heuning oor. Roer die spul deurmekaar en eet. As jy dit soeter wil hê kan jy meer heuning oorgooi. Jy kan selfs blueberries, aarbei of piesang daarby insy. Hoe gesonder, hoe beter!

Friday, April 15, 2011
Sleep die potte nader
Eintlik moet ek begin met "testing one two three". Ek kan nie wag om aan die kook te kom en te vertel hoe dit gegaan het nie. Maar vir eers moet ek wag tot ek weer 'n kans in die kombuis kry.
Maar sleep solank jou kastrol nader, want ná die naweek sal ek beslis 'n ou aptytwekkertjie reg hê.

Subscribe to:
Posts (Atom)