Monday, April 18, 2011

Monsterburger!

Saterdagmiddag eet ons gewoonlik waarvoor my man ook al lus het. Ons sorg gewoonlik dat ons genoeg eet, veral as ons die aand iewers gaan braai, want dan kuier die mans so dat jy eers ná tienuur eet!

Hierdie Saterdag was manlief lus vir 'n steakburger. Ek verkies dat ons dit self maak, want dan is dit darem 'n bietjie gesonder. Die steak is ook gesonder as wat 'n mince-patty sou wees.



STEAKBURGER
(vir 2 baie honger mense)
Bestanddele
4 minute steaks
4 hamburger-rolletjies
Blaarslaai
2 eetlepels mayonnaise
1 eetlepel sweet chilli-sous
Paprika
Swartpeper
Sout
Opsioneel: tamatie, kaas, gebakte eier, gebraaide uie, gherkins

Metode
Maak die minute steaks na smaak gaar. Ons maak dit gewoonlik in 'n pan met net 'n klein bietjie sout, peper, Worcestershire-sous en braaispesery. Sny die rolletjies oop en pak blaarslaai onder. Dan sit jy die gaar steakies op. Terwyl jy vir die steakies wag, kan jy solank alles sny en die sous (die mayonnaise, sweet chilli-sous en paprika) meng. Smeer die sous bo-op die steak en geur met sout en peper. Pak dan die tamatie, kaas, eier, ens. op. Basies bou jy vir jou 'n monsterburger met alles waarvoor jy lus is. En moenie bang wees vir eksperimenteer nie. Ek het al alles, van peppers tot mushrooms, op my burger gehad.

No comments:

Post a Comment