Monday, August 1, 2011

Thai-groenkerrie

Ek het dit een keer vantevore gemaak, maar dit was uit 'n Knorr-pakkie en was nie regtig iets om oor (huis toe) te skryf nie. Maar toe kry ek dié resep by 'n kollega. Ek het nooit besef dat volksvreemde kos so lekker kan wees nie. Dié gereg gaan beslis gereeld in ons huis gemaak word!


ROCHELLE SE THAI-GROENKERRIE

Bestanddele
Ui
Knoffel
4 hoenderborsies, onvel en ontbeen, in blokkies gesny
'n Houer baba-mielies, in stukke gesny
'n Houer murgpampoentjies, in wiele gesny
4 aartappels, in blokkies gesny
4 wortels, in wiele gesny
'n Pak Taste of India Thai Green Curry-pasta
2 blikke coconut milk (gebruik twee, anders gaan jou mond brand!)

Metode
Braai die ui en knoffel in 'n groot pot of wok tot dit deurskynend is. Voeg die hoender by en braai 'n bietjie. Voeg die pasta, coconut milk en groente by. Laat dit kook tot die groente gaar is. Bedien met Basmati-rys en garneer met vars koljander.

No comments:

Post a Comment