Ek weet ek was die laaste week of so baie stil. Tussen die vakansiedae en die griep wat my platgetrek het, het ek maar min by die rekenaar uitgekom. Maar nou is ek weer met mening terug.
My man het verlede naweek verjaar en een van sy geskenke was een van daai gasskottelbraai-gedoentes. Ons het toe vanmiddag besluit om dit 'n bietjie uit te toets. Dit werk sommer baie lekker en die kos is in 'n japtrap gaar!
Ons het eers 'n eier of twee gebak om te sien hoe dit uitkom. Die eier was binne oomblikke gaar en die geel was heerlig sag, maar nie te loperig nie.
Daarna het ons sommer 'n smoor met uie, tamatie, mushrooms en Weense worsies gemaak. Heerlik, maklik en vinnig! Regte vakansiedag-kos.
Ons kan nou nie wag om dit weer te gebruik nie. Volgende keer wil ons vleis en groente rooster. Die skottelgedoente het 'n plat kant (wat ons vandag gebruik het) en ook 'n roosterkant met riffels, wat ons volgende keer wil uittoets.
No comments:
Post a Comment