Hierdie is nou 'n regte eksperiment en gelukkig het dit gewerk! Die tamatie en bacon gaan baie goed saam. Ek was behoorlik in die versoeking om fetakaas ook by te sit, maar het maar liewer nie, want die kors kry lekker baie kaas in. En dit was 'n goeie besluit, die feta sou dit te ryk gemaak het.
Die kors is heerlik - dit kom uit die resepteboek La Petite Ferme, wat een van hul sjefs vir ons as trougeskenk gegee het. Hierdie is natuurlik een van die gevalle waar jy Tab saam met jou take-away drink. Die kors is beslis nie gesond nie, maar ek het darem maer bacon sonder enige vet en room met minder vet (fat-reduced) gebruik.
QUICHE MET SUN-DRIED TOMATO EN BACON
(genoeg vir 4 mense)
Bestanddele
Kors
125 g cheddarkaas, fyngerasper
125 g botter of margarien (maar die botter proe soveel lekkerder!)
1 knoffelhuise, fyngemaak
125 g meel (ek gebruik sommer koekmeel)
Sout en peper
Vulsel
1 teelepel olyfolie
2 klein uie, in dun ringe gesny
200 g maer bacon, gesnipper
Sun-dried tomato (soveel soos jy wil hê)
4 medium mushrooms, in skywe gesny
Eiermengsel
250 ml room
125 ml melk
3 medium eiers
Sout en peper
½ t origanum
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
1. Meng die kaas, botter en knoffel. Voeg dan die meel, sout en peper by. Roer alles deurmekaar en druk dit tot in 'n sagte bal met jou hande. Druk dit dan plat in 'n gesmeerde tertbak en laat dit in die yskas rus.
2. Verhit die olyfolie in 'n pan en braai die ui daarin tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die bacon by en roer tot gaar. Laat die bacon in die pan afkoel terwyl jy die eiermengsel aanmaak.
3. Klits die room, melk en eiers saam. Geur met sout en peper.
4. Haal die tertbak met die kors uit die yskas. Versprei die bacon mooi eweredig en pak die sun-dried tomato op. Pak laaste die mushroom op en gooi die eiermengsel bo-oor. Sprinkel dan die origanum oor.
5. Bak vir 30 minute tot die eiermengsel gestol is. Laat effens afkoel voor jy dit bedien.
No comments:
Post a Comment