Butternutsop is seker my heel gunsteling-sop. Die lekkerste butternutsop vir my is wanneer die butternut in die oond gerooster is. En die beste van alles – dit is baie min moeite!
BESTANDDELE
1,5 kg butternut (ek koop sommer gewoonlik die sakkies met die blokkies)
2 groot uie, in dun skywe gesny
2 knoffelhuisies, in dun skywe gesny
Olyfolie
2 blokkies hoenderaftreksel
1 l water (voeg meer water by as jy van 'n dunner sop hou)
Sout en peper
METODE
Spuit 'n oondvaste bak met Spray n Cook. Gooi die butternut, ui en knoffel in die oondbak. Sprinkel olyfolie oor en rooster in die oond tot gaar. Ek rooster dit gewoonlik vir so 'n uur by 220°C. Gooi die gaar butternut in 'n lekker groot kastrol. Los die hoenderaftrekselblokkies in die water op en gooi dit by die sop. Geur met sout en peper en roer lekker deur. Laat vir so 15 minute deurkook. Maak dan die sop fyn met die stick blender.
Bedien dit met 'n titseltjie room (as jy wil) en brood.
Hi het ook die winter oorgeslaan na vinnige sop maak en my resep lyk soos joune, kan ek voorstel. Vervang die uie met preie en sprinkel bietjie parmesaan kaas oor.
ReplyDelete