Maar soms as ek halfsewe eers by die huis kom, is ek beslis nie lus vir ure staan en sous maak nie. Maar ek is wel baie lus vir lasagne. Dan maak ek sommer hierdie vinnige kroek-weergawe!
BESTANDDELE
1 eetlepel olyfolie
1 groot ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
1 groot pak mince (± 500 g)
Sout
Peper
Paprika
Koljander (coriander)
Worcestershire-sous
1 pakkie tamatiepasta
1 pakkie bolognaise-sous (Royco, die oranje een, wat jy met kookwater aanmaak)
’n Groot homp botter
½ koppie koekmeel
½ teelepel kerriepoeier
2 koppies melk (maak effens warm)
2 koppies melk (maak effens warm)
Lasagne-velle
Baie cheddarkaas
METODE
1. Soteer ui en knoffel tot deurskynend, maar nie bruin nie.
2. Sit mince by en brown. Geur met sout, peper, paprika, koljander en Worcestershire-sous.
3. Meng die tamatiepasta deur en maak die bolognaise-sous met 1 koppie kookwater aan. Meng dit ook deur. Laat baie stadig prut sodat dit kan dik word.
4. Maak intussen die witsous. Smelt die botter in ’n mikrogolfbak en meng die meel, sout, kerriepoeier en melk deur. (Ek klits die spul sommer met die whisk). Maak die melk eers effens warm, anders gaan dit klonte maak.
5. Spuit ’n oondvaste bak met Spray ‘n Cook. Pak dan van die lasagnevelle onderin. Maak seker dit gaan nie oormekaar nie.
6. Skep dan ’n laag mince (die helfte van die mince) in. Dan weer ’n laag lasagnevelle. Dan witsous en kaas. Weer lasagnevelle. Dan die res van die mince, weer lasagnevelle en dan die res van die witsous en die kaas.
7. Bak tot dit die kaas behoorlik gesmelt is.
No comments:
Post a Comment