Monday, April 18, 2011

Spyskaart (18 tot 22 April 2011)

Vir die meeste mense wat ek ken, is aandete 'n nagmerrie. Hulle besluit eers op pad huis toe of in die winkel wat vir aandete is.

Ek is natuurlik glad nie so nie. Ek is hopeloos te nuuskierig en hou daarvan om te weet wat ek wanneer gaan eet. My vriende en familie terg my al vir jare oor die spyskaart wat teen my yskas opgeplak is! Ek hou daarvan om te weet wat ons elke aand gaan eet, want so spaar ek baie geld per maand en die stres is ook baie minder.

So vir die wat wonder wat om elke aand te maak, hier is my spyskaart vir die week:

Maandag: Quiche (sun-dried tomato en bacon) met Griekse slaai
Dinsdag: Visfilette met kersietamaties en basilpesto-pasta
Woensdag: Hoenderkerrie en rys
Donderdag: Romerige pasta met hoenderlewertjies, bacon/ham en mushroom
Vrydag: Dis Goeie Vrydag, so ek beplan 'n eenvoudige ete. Net tuisgebakte brood, kerrievis en 'n lekker groenslaai. Daarby gaan ek broodpoeding maak met paasbolletjies.

4 comments:

  1. Klink heerlik!!

    ReplyDelete
  2. Wat is 'n paasbolletjie?

    ReplyDelete
  3. 'n Paasbolletjie is 'n hot-cross bun :-)

    ReplyDelete
  4. Weet julle, hoe water 'n mens se mond, as jy voor Maret se yskas staan en die spyskaart lees!
    Jy wil sommer oorkom vir al die etes!
    O la la

    ReplyDelete