Ek vrek oor nachos en het uiteindelik die moed bymekaargeskraap om dit self te probeer. En dit was heel maklik!
Ek glo 'n mens kan seker enige mieliechips-goed gebruik vir die nachos, maar ek het sommer van daai pakke "Nachos Grande" by die supermark gekoop. Die meeste supermarkte hou dit aan, ek het gaan kyk :-)
Soos met die meeste van my kos, glo ek dat jy maar enigiets kan byvoeg waarvoor jy lus is, byvoorbeeld maalvleis, hoender, fetakaas, bone of heelpitmielies.
NACHOS
(Vir 2 mense)
BESTANDDELE
1 teelepel olyfolie
2 medium uie, fyngekap
4 groot, ryp tamaties, fyngekap
Sout en peper
½ teelepel suiker
1 pak (250 g) Nachos Grande
Paprika
1 koppie geraspersde cheddarkaas
1 houer (250 g) chunky maaskaas (ek gebruik vetvry)
1 avokadopeer, fyngemaak en met sout en peper gegeur
METODE
Verhit die olyfolie in 'n pan. Voeg die ui, tamatie, sout, peper en suiker by en soteer tot gaar, maar nie pap nie. Pak intussen die nachos op twee borde uit. Ek het dit so twee lae diep gepak. Sprinkel dan 'n bietjie paprika oor en dan die tamatiemengsel. Verdeel dan die kaas tussen die twee borde. Probeer om al die nachos te bedek. Bak dan teen 180°C vir so 15 minute, tot die kaas gesmelt is. (Ek sit die borde in my oondpan, dan is dit makliker om dit in en uit die oond te haal.). Verdeel die maaskaas tussen die twee borde en sit dan die avokadomengsel op. Sit die warm borde binne 'n ander bord en geniet!
Hierdie is nie jou gewone kos-blog nie. Ek is nie 'n kok of 'n fynproewer nie. Ek hou net van kook en van lekker eet. Ek hou van nuwe resepte en nuwe eetplekke probeer. Ek hou ook daarvan om sommer iets uit my kop te maak, sonder 'n resep (gewoonlik as ons mense kry vir ete!). Hierdie is dus my bak-en-brou-dagboek. Ja, ek gaan ook van die floppe vertel!
Thursday, April 28, 2011
Monday, April 25, 2011
Spyskaart (25 April tot 29 April 2011)
Hier is hierdie week se spyskaart (vir die wat nie oorskiet-braaivleis en kerrievis gaan eet nie!).
Maandag: Lasagne en slaai
Dinsdag: Hoender a la King en oondgeroosterde groente
Woensdag: Butternutsop en rolletjies
Donderdag: Spaghetti bolognese
Vrydag: Vis, oondchips en slaai
Thursday, April 21, 2011
Pannekoek!
Dit het gister weer lekker gereën in die Kaap. En daar is darem net niks wat jou so troos oor jou nat voete soos pannekoek nie. Ek kon nie wag om my voete af te droog, my slippers aan te trek en die deeg aan te maak nie.
Ek weet die neiging is veerligte pannekoeke wat jy soos op daai advertensie sommer kan omblaas in die pan (sal jy regtig ’n pannekoek met iemand anders se asem op eet?), maar ek verkies behoorlike, stewige pannekoeke. Ek wil ná twee darem voel daar is ’n ou troosie in die maag!
My ma is nie eintlik een vir resepte nie. Sy het vir my geleer om pannekoekdeeg te maak, sommer so uit haar kop uit en vandag maak ek dit nog steeds so.
Trek aan jou slippers en begin sommer dadelik bak!
STEWIGE PANNEKOEKE
(2 mense)
Bestanddele
1 eier
1 koppie melk
1 koppie bruismeel (of 1 koppie koekmeel en 1 teelepel bakpoeier)
’n Knippie sout
1 teelepel olyfolie of kookolie
½ teelepel suurlemoensap
½ teelepel vanilla essence
Metode
Klits die eier en melk saam in ’n mengbak. Gooi die bruismeel en sout by en klits (ek gebruik sommer ’n whisk). Voeg die olie, suurlemoensap en vanilla by en klits weer. Klits deeglik tot daar geen klonte oor is nie. Probeer om die deeg minstens ’n uur te laat staan voor jy die pannekoek begin bak. Maak ’n kleefwerende pan warm en spuit Spray ’n Cook in. Gooi dan ’n lepel deeg (ek gebruik ’n soplepel) in en bak tot dit gaatjies maak en die rande gaar begin lyk. Draai om en bak ’n kort rukkie aan die ander kant. Bedien met kaneelsuiker.
Verdubbel net die resep as jy meer pannekoek wil bak. Ek skat gewoonlik op ’n koppie per twee mense.
Wednesday, April 20, 2011
Tyd-treffer 1
As jy min tyd het en gesonde kos vinnig op die tafel wil kry, is hierdie een perfek vir jou. Natuurlik was dit weer ’n eksperiment, maar dit het goed gewerk! Hilda sal nogal trots wees op my met my soet-suur-sout-kombinasie by die vis!
Die geure werk goed saam en proe lekker vars. Al is dit redelik gesond, is dit steeds vullend. Ek het visfilette in ’n pan gerooster en daarby kersietamaties met balsamiese asyn en fetakaas bedien. En basilpestopasta as bykos.
Jy kan vars brood of rolletjies ook hierby bedien, maar die pasta was genoeg vir ons.
VISFILETTE MET KERSIETAMATIES EN BASILPESTOPASTA
(Genoeg vir 2)
Bestanddele
’n Groot hand kersietamaties (ek het baba- Italiaanse tamaties gebruik)
Olyfolie
2 teelepels bruinsuiker
2 eetlepels balsamiese asyn
1 koppie pasta, volgens instruksies op pak gekook en gedreineer
2 - 4 visfilette (ek het sommer gevriesde filette gebruik)
Sout
Peper
Visspesery (Ek love Ina Paarman s'n!)
2 eetlepels basilpesto
½ wiel fetakaas
Origanum
Metode
- Sit die oond op 220°C op rooster (grill). Was die tamaties af en sit dit in ’n gesmeerde oondvaste bakkie. Sprinkel ’n klein bietjie olyfolie oor en dan die bruinsuiker en balsamiese asyn. Sit dit net so onbedek in die oond. Rooster tot die velletjies lekker kreukel, dit begin oopbars en die suiker en asyn opgelos het.
- Sit die pasta aan die kook.
- Verhit die olyfolie in ’n pan (ek gebruik ’n riffelpan). Maak die visfilette daarin gaar en geur met sout, peper en visspesery.
- Meng die gaar pasta met die basilpesto.
- Haal die tamaties uit die oond en roer dit deur sodat die sousie lekker oor die tamaties is.
- Skep die vis en die pasta in. Sit die tamaties op die vis (maak seker jy gooi van die sousie ook oor) en krummel die fetakaas bo-oor. Sprinkel dan die origanum oor.
Tuesday, April 19, 2011
Quiche met sun-dried tomato, bacon en mushroom
Hierdie is nou 'n regte eksperiment en gelukkig het dit gewerk! Die tamatie en bacon gaan baie goed saam. Ek was behoorlik in die versoeking om fetakaas ook by te sit, maar het maar liewer nie, want die kors kry lekker baie kaas in. En dit was 'n goeie besluit, die feta sou dit te ryk gemaak het.
Die kors is heerlik - dit kom uit die resepteboek La Petite Ferme, wat een van hul sjefs vir ons as trougeskenk gegee het. Hierdie is natuurlik een van die gevalle waar jy Tab saam met jou take-away drink. Die kors is beslis nie gesond nie, maar ek het darem maer bacon sonder enige vet en room met minder vet (fat-reduced) gebruik.
QUICHE MET SUN-DRIED TOMATO EN BACON
(genoeg vir 4 mense)
Bestanddele
Kors
125 g cheddarkaas, fyngerasper
125 g botter of margarien (maar die botter proe soveel lekkerder!)
1 knoffelhuise, fyngemaak
125 g meel (ek gebruik sommer koekmeel)
Sout en peper
Vulsel
1 teelepel olyfolie
2 klein uie, in dun ringe gesny
200 g maer bacon, gesnipper
Sun-dried tomato (soveel soos jy wil hê)
4 medium mushrooms, in skywe gesny
Eiermengsel
250 ml room
125 ml melk
3 medium eiers
Sout en peper
½ t origanum
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
1. Meng die kaas, botter en knoffel. Voeg dan die meel, sout en peper by. Roer alles deurmekaar en druk dit tot in 'n sagte bal met jou hande. Druk dit dan plat in 'n gesmeerde tertbak en laat dit in die yskas rus.
2. Verhit die olyfolie in 'n pan en braai die ui daarin tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die bacon by en roer tot gaar. Laat die bacon in die pan afkoel terwyl jy die eiermengsel aanmaak.
3. Klits die room, melk en eiers saam. Geur met sout en peper.
4. Haal die tertbak met die kors uit die yskas. Versprei die bacon mooi eweredig en pak die sun-dried tomato op. Pak laaste die mushroom op en gooi die eiermengsel bo-oor. Sprinkel dan die origanum oor.
5. Bak vir 30 minute tot die eiermengsel gestol is. Laat effens afkoel voor jy dit bedien.

Monday, April 18, 2011
Spyskaart (18 tot 22 April 2011)
Vir die meeste mense wat ek ken, is aandete 'n nagmerrie. Hulle besluit eers op pad huis toe of in die winkel wat vir aandete is.
Ek is natuurlik glad nie so nie. Ek is hopeloos te nuuskierig en hou daarvan om te weet wat ek wanneer gaan eet. My vriende en familie terg my al vir jare oor die spyskaart wat teen my yskas opgeplak is! Ek hou daarvan om te weet wat ons elke aand gaan eet, want so spaar ek baie geld per maand en die stres is ook baie minder.
So vir die wat wonder wat om elke aand te maak, hier is my spyskaart vir die week:
Maandag: Quiche (sun-dried tomato en bacon) met Griekse slaai
Dinsdag: Visfilette met kersietamaties en basilpesto-pasta
Woensdag: Hoenderkerrie en rys
Donderdag: Romerige pasta met hoenderlewertjies, bacon/ham en mushroom
Vrydag: Dis Goeie Vrydag, so ek beplan 'n eenvoudige ete. Net tuisgebakte brood, kerrievis en 'n lekker groenslaai. Daarby gaan ek broodpoeding maak met paasbolletjies.

Monsterburger!
Saterdagmiddag eet ons gewoonlik waarvoor my man ook al lus het. Ons sorg gewoonlik dat ons genoeg eet, veral as ons die aand iewers gaan braai, want dan kuier die mans so dat jy eers ná tienuur eet!
Hierdie Saterdag was manlief lus vir 'n steakburger. Ek verkies dat ons dit self maak, want dan is dit darem 'n bietjie gesonder. Die steak is ook gesonder as wat 'n mince-patty sou wees.
STEAKBURGER
(vir 2 baie honger mense)
Bestanddele
4 minute steaks
4 hamburger-rolletjies
Blaarslaai
2 eetlepels mayonnaise
1 eetlepel sweet chilli-sous
Paprika
Swartpeper
Sout
Opsioneel: tamatie, kaas, gebakte eier, gebraaide uie, gherkins
Metode
Maak die minute steaks na smaak gaar. Ons maak dit gewoonlik in 'n pan met net 'n klein bietjie sout, peper, Worcestershire-sous en braaispesery. Sny die rolletjies oop en pak blaarslaai onder. Dan sit jy die gaar steakies op. Terwyl jy vir die steakies wag, kan jy solank alles sny en die sous (die mayonnaise, sweet chilli-sous en paprika) meng. Smeer die sous bo-op die steak en geur met sout en peper. Pak dan die tamatie, kaas, eier, ens. op. Basies bou jy vir jou 'n monsterburger met alles waarvoor jy lus is. En moenie bang wees vir eksperimenteer nie. Ek het al alles, van peppers tot mushrooms, op my burger gehad.

Sunday, April 17, 2011
Oats met 'n verskil
My ma was nog al die jare baie ernstig daaroor dat ons moet ontbyt eet. Iets wat ek op skool nooit kon verstaan nie. Vandag besef ek egter die waarde van 'n goeie ontbyt. Ek kan steeds nie eet wanneer ek pas opgestaan het nie (ek meen, wie kan nou halfses in die môre vaste kos inkry?), maar deesdae eet ek so nege-uur se kant by die werk ontbyt.
Terwyl ek nou so van my ma praat – sy het haar allerbes gedoen om oats in my lyf te kry. En ek het dit nog altyd gehaat. Die lymerigheid, die tekstuur en die smaak. Oor een ding was sy beslis reg, en dis dat oats baie gesond is. Dit is hoog in vesel en verlaag die cholesterol (iets waarvan my man baie het!).
So, ek het besluit ons gaan oats eet. Maar nie met melk en suiker nie, want ek gril my dood wanneer die melk die oats tref en dit maak sulke taai, koue klonte in die papbak. Ek het toe maar 'n ander plan gemaak.
Ek het 'n boks van die vinnigkook-soort gekoop en dit werk soos 'n droom. Ek bedien dit met heuning, jogurt en kaneel. Heerlik!
LEKKER OATS
(Vir 2 mense)
Bestanddele
1 koppie vinnigkook-oats
'n Knippie sout
½ koppie kookwater
1 klein houertjie (125 ml) gewone/vanilla vetvry-jogurt
Fyn kaneel
4 eetlepels heuning
Metode
Gooi die koppie oats in 'n mikrogolfbak. Gooi nou die knippie sout oor en dan die kookwater. Roer die spulletjie met 'n lepel en mikrogolf dit vir 2 minute op hoog. Bly staan maar by die mikrogolf, want sodra die oats lyk of dit begin opstyg, moet jy dit roer en dan verder kook. Wanneer die oats gaar is, kan jy dit uithaal en in twee bakkies skep. Skep dan die jogurt oor en sprinkel kaneel oor die jogurt. Gooi dan die heuning oor. Roer die spul deurmekaar en eet. As jy dit soeter wil hê kan jy meer heuning oorgooi. Jy kan selfs blueberries, aarbei of piesang daarby insy. Hoe gesonder, hoe beter!

Friday, April 15, 2011
Sleep die potte nader
Eintlik moet ek begin met "testing one two three". Ek kan nie wag om aan die kook te kom en te vertel hoe dit gegaan het nie. Maar vir eers moet ek wag tot ek weer 'n kans in die kombuis kry.
Maar sleep solank jou kastrol nader, want ná die naweek sal ek beslis 'n ou aptytwekkertjie reg hê.
Maar sleep solank jou kastrol nader, want ná die naweek sal ek beslis 'n ou aptytwekkertjie reg hê.
Subscribe to:
Posts (Atom)