Thursday, September 8, 2011

Sushi

Ek kon nog nooit verstaan waarom mense so aangaan oor sushi nie. Ek meen, dis rou vis en seegras en goed! Ek het dit twee keer probeer en my elke keer doodgegril as die homp rou vis so in my keel gaan sit en ek nie die ryskorreltjies afgesluk kan kry nie.

Ek en manlief het Sondag by Ocean Basket in Blouberg 'n draai gemaak. Ocean Basket is en bly maar net een van my gunsteling-eetplekke. Ek vrek mos oor seekos.

Ou Skapie stel toe voor dat ons 'n bietjie sushi probeer as voorgereg. En ek besluit toe om dit nog een keer, een heel laaste aaklige keer, te probeer. Mense, ek is mal daaroor! Ek weet nie wat skielik verander het nie, maar ek hou nou daarvan. En ek lus nog!

Daarna het ek die wonderlikste seekos-platter gehad. Ek weet die meeste mense voel 'n groot stuk steak is 'n lekker bederf, maar gee maar enige dag vir my 'n bord seekos!

So wat ek eintlik probeer sê is ek hou nou van sushi en ek is mal oor Ocean Basket! (Ek dink eintlik Ocean Basket behoort my te betaal vir hierdie stukkie lofprysing ...)

Tuesday, September 6, 2011

Spyskaart (5 September tot 9 September 2011)

Maandag: Heel oondgeroosterde hoender met groente en skorsies

Dinsdag: Macaroni-en-kaas

Woensdag: Bief-en-botterboonkerrie en rys

Donderdag: Soetsuurhoender met noedels

Vrydag: Vis en chips

Monday, August 15, 2011

Spyskaart (15 Augustus tot 19 Augustus 2011)

Maandag: Spaghetti bolognaise

Dinsdag: Tunslaai

Woensdag: Oondhoender met rys en geroosterde groente

Donderdag: Pitabrood met oorskiethoender en slaai

Vrydag: Gevulde butternut

Tuesday, August 9, 2011

Spyskaart (8 Augustus tot 12 Augustus 2011)

Maandag: Waterblommetjiebredie en rys

Dinsdag: Roti en beesvleiskerrie

Woensdag: Hoender a la King en rys

Donderdag: Pasta met maalvleis, murgpampoentjie en mushroom

Vrydag: Vis en gegeurde rys

Monday, August 1, 2011

Thai-groenkerrie

Ek het dit een keer vantevore gemaak, maar dit was uit 'n Knorr-pakkie en was nie regtig iets om oor (huis toe) te skryf nie. Maar toe kry ek dié resep by 'n kollega. Ek het nooit besef dat volksvreemde kos so lekker kan wees nie. Dié gereg gaan beslis gereeld in ons huis gemaak word!


ROCHELLE SE THAI-GROENKERRIE

Bestanddele
Ui
Knoffel
4 hoenderborsies, onvel en ontbeen, in blokkies gesny
'n Houer baba-mielies, in stukke gesny
'n Houer murgpampoentjies, in wiele gesny
4 aartappels, in blokkies gesny
4 wortels, in wiele gesny
'n Pak Taste of India Thai Green Curry-pasta
2 blikke coconut milk (gebruik twee, anders gaan jou mond brand!)

Metode
Braai die ui en knoffel in 'n groot pot of wok tot dit deurskynend is. Voeg die hoender by en braai 'n bietjie. Voeg die pasta, coconut milk en groente by. Laat dit kook tot die groente gaar is. Bedien met Basmati-rys en garneer met vars koljander.

Spyskaart (1 Augustus tot 5 Augustus 2011)

Ek kan nie glo dit is al Augustus nie. Ek wil darem nog vir oulaas lekker warm kosse eet in hierdie laaste stukkie wat nog oor is van die winter!

Maandag: Hoenderschnitzel en oondgeroosterde groente

Dinsdag: Macaroni-en-kaas

Woensdag: Bobotie, rys en groente

Donderdag: Hoenderroerbraai met noedels

Vrydag: Tuisgemaakte pizza

Monday, July 25, 2011

Spyskaart (25 Julie 2011 tot 29 Julie 2011)

Maandag: Tamatiebredie en rys

Dinsdag: Geroosterde hoender en slaai

Woensdag: Butternutsop en vars brood

Donderdag: Thai-groenkerrie en rys

Vrydag: Tuisgemaakte vis en chips